Slegs 35 nuwe Covid-gevalle in Namibië aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het ses Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld, asook 35 nuwe gevalle uit 536 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van sewe persent verteenwoordig. In die groep is 13 leerders, drie onderwysers en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 1 267 aktiewe gevalle, waarvan 93 in hospitale en 17 in intensiewesorgeenhede is. Altesaam 248 269 mense het hul eerste dosis Covid-entstof ontvang, terwyl 159 233 mense ten volle ingeënt is.