Regterpresident John Hlope laat vaar dringende interdikaansoek

Die Suid-Afrikaanse parlement verwelkom die terugtrekking van die dringende aansoek om ‘n interdik teen die ampsaanklag-verrigtinge teen Regterpresident van die Wes-Kaapse hooggeregshof, John Hlophe te verkry. Hy het die aansoek laat vaar nadat dit vanoggend voor die adjunk-regterpresident van Gauteng, Roland Sutherland, gebring is. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê sy sal hou by die uitspraak van die hof. ‘n Woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê die ampsaanklag-verrigtinge kan eers in November plaasvind.