Slegs 11 Covid-pasiënte in hoësorgeenhede

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in drie distrikte, Windhoek, Outapi en Eenhana, aangemeld, asook 33 nuwe gevalle uit 1 707 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 1,9 persent verteenwoordig. In die groep is agt leerders en een gesondheidswerker. Daar is nou 1 172 aktiewe gevalle, waarvan 62 in hospitale is en 11 in intensiewesorgeenhede.