Aanrandings by SA stakings

‘n Vragmotorbestuurder is aangerand en gesteek, ‘n veiligheidswag is wreed aangerand en ‘n Numsa-lid is in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand geskiet by die vakbond se staking oor salarisverhogings. Die vragmotorbestuurder was op pad om goedere vir sy maatskappy af te lewer toe hy uit die voertuig gepluk en aangerand is. ‘n Veiligheidswag wat na die toneel ontbied is, is ook aangerand. Die polisiewoordvoerder, Kay Makhubele, sê ‘n veiligheidswag het ook ‘n persoon doodgeskiet wat ‘n Numsa-T-hemp gedra het.