Hooggeregshof wys aansoek van die hand dat Zondo-verslag oorhandig word

Die hooggeregshof in Johannesburg het ‘n aansoek deur Democracy in Action van die hand gewys. In die aansoek word gevra die staatskapingkommissie moet verhoed word om die eerste deel van sy verslag aan President Cyril Ramaphosa te oorhandig. Die menseregtegroep sê die president mag nie die verslag in die hande kry nie, aangesien hy botsende belange het en deur verskeie getuies by korrupsie betrek word. Die Zondo-kommissie sal vandag die eerste deel van die verslag aan Ramaphosa oorhandig.