Skoolswangerskappe styg met amper 36%, jongste is 11

Die goewerneur van die Kavango Oos-streek, Bonifatius Wakudumo het sy kommer oor tienerswangerskappe in die streek, uitgespreek. Volgens die jongste beskikbare syfers het 860 skoolgaande meisies in 2021 swanger geraak, waarvan die jongste ‘n skamele 11 jaar oud is. Dit is 35,8 persent meer as die 552 swangerskappe wat in 2020 aangeteken is. Wakudumo sê die versorging van kinders is in ‘n krisis in sy streek. Die meerderheid kinders word by oumas afgelaai om versorg te word. Verkragting, kinderhuwelike en mishandeling is ook algemeen.