Basson loof gemeenskap se bystand wat tot arrestasie lei

Die Namibiese polisie het lede van die gemeenskap geloof vir inligting en bystand. Dit kom na die inhegtenisneming van ‘n verdagte op Keetmanshoop, vir die Windhoek-moord van die 28-jarige Charmaine Saron, ‘n LPM-jeugleier wat 24 keer met ‘n mes gesteek is. Haar liggaam is agter die ELCIN Hosianna-kerk vroeër die maand gevind. Die Khomas-streek bevelvoerder, kommissaris Ismael Basson het met Kosmso 94.1 Nuus gepraat.