Skok oor 7de Laan-akteur se dood

Die nuus van die veteraan akteur en regisseur Patrick Shai se dood gister, het lede van Suid-Afrika se vermaaklikheidsbedryf diep geskok. Die 7de Laan-akteur het na wat berig word sy eie lewe in die motorhuis by sy huis in Dobsonville, Soweto, geneem. Shai is ook bekend vir sy rolle in Soul City, Generations en Yizo Yizo. Hy is in 2014 en 2018 vir Safta-toekennings genomineer. Shai het ‘n nie-regeringsorganisasie gestig om mans wat vroue misbruik, te help. Dit was nadat hy erken het hy het sy eie vrou fisiek en emosioneel mishandel.