Twaalf Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 12 Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld, asook 173 nuwe gevalle uit 1 344 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 12,9% verteenwoordig. In die groep is 44 leerders van verskillende skole, asook vyf gesondheidswerkers en vier onderwysers. Daar is nou 8 647 aktiewe gevalle, waarvan 238 pasiënte in hospitale is en 29 in hoësorgeenhede. Altesaam 354 957 persone is ten volle ingeënt.