Skerp reaksie op Ekandjo-homofobie

Die bekende regsman Kadhila Amoomo het op sosiale media die Swapo veteraanpolitikus Jerry Ekandjo aan artikel 10 van die Namibiese Grondwet, wat vryheid van diskriminasie waarborg, herinner. Ekandjo het in die Nasionale Vergadering uitgevaar teen homoseksualiteit en gesê dit moet verbied word omdat Swapo daarteen gekant is. Amoomo sê Ekandjo moet onthou dat jongmense in die land nie meer daardie tipe houdings verdra nie.