Brendin Horner-saak duur voort

Polisiebeamptes sal na verwagting vandag in die getuiebank verskyn in die Rondgaande Hof in Bethlehem in die Vrystaat wanneer die Brendin Horner-moordsaak voortgaan. ‘n Getuie, Boy Khambule, het gister die polisie se weergawe weerspreek dat hy gesien het hoe die moordbeskuldigdes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, in die geselskap van ‘n onbekende man uit die rigting van die plaas kom waar die 21-jarige plaasbestuurder in Oktober verlede jaar vermoor is. Minstens 38 getuies sal na verwagting geroep word.