Skenking van 2m J&J-entstowwe vir Afrika

Afrikalande sal 2 miljoen dosisse Johnson en Johnson-entstof ontvang vanaf Suid-Afrika. Die spuite sal deur die betrokke owerhede van die Afrika-unie versprei word aan gebiede waar dit die nodigste is. Gesondheidsowerhede op die vasteland spreek reeds ‘n geruime tyd kommer uit oor tekorte aan beskikbare inentings op die vasteland, maar ook huiwerigheid en wantroue teenoor die inenting. Huiwerigheid is ook in Suid-Afrika opgemerk en die ANC-regering het onlangs bestellings vertraag as gevolg van te veel voorraad.