Veldbrand wes van Okh woed steeds

Die veldbrand wat vermoedelik op die regeringsplaas Rudenau wes van Okahandja ontstaan het brand steeds en volgens berigte is dit kol-kol baie sleg. Lede van die boeregemeenskap het heelnag die brand bestry wat in ‘n oostelike rigting na Okahandja beweeg het as gevolg van die Weste wind. Op die oomblik is die brand gestuit maar, die wind waai tans in ‘n noordelike, noordwestelike rigting en die brand het gedraai en beweeg tans in ‘n suidwestelike rigting.