Skaapbedryf – ons moet waarde toevoeg

Volgens High Economic Intelligence het Namibië gedurende die tydperk van April 2021 tot April 2022 altesaam 489 384 skape, 261 754 beeste en 127 416 bokke bemark. Dit is ‘n aanduiding dat Namibië se veesektor deur skaapbemarking oorheers is. Skaapbemarking is sedert die begin van 2022 op ‘n opwaartse trajek en die meerderheid van skaapbemarking is lewendig na die Suid-Afrikaanse mark uitgevoer wat 82 persent van die totale uitvoere beslaan met 12 persent wat plaaslik verbruik word. Salomo Hei, die besturende direkteur van High Economic Intelligensie sê Namibiese skaapvleis is gewild in die buurland maar, plaaslik ontbreek waardetoevoeging.