Kommer oor herhaalde vure in DRC-nedersetting aan die kus

Die Erongo-owerhede het groot kommer oor herhaaldelike vure in die sogenaamde DRC-informele nedersetting. Daar was in die afgelope tyd vyf brande aangemeld. Inspekteur Ileni Shapumba sê hulle vermoed op die huidige stadium nie vuilspel nie, maar het ‘n beroep op inwoners gedoen om paraat te wees.