Sisulu en Ramphosa se magstryd lok wyd reaksie uit

Die buurland se toerismeminister, Lindiwe Sisulu, sê sy is bekommerd dat die president se mediaspan moedswillig was in ‘n verklaring wat gisteraand uitgereik is. Sy het haarself gedistansieer van die verklaring dat sy om verskoning gevra het vir haar opinie-stuk. Sisulu sê sy is nooit tydens die vergadering met President Cyril Rampahosa vermaan nie en sy het nooit enige spyt uitgespreek wat sou lei dat sy haar artikel terugtrek of daarvoor verskoning vra nie. Intussen sê die politieke ontleder Ongama Mtimka die politieke implikasies van die magstryd tussen Ramaphosa en Sisulu is verreikend: