Boucher sien uit om homself te verdedig

Die Protea-afrigter Mark Boucher sê hy sien daarna uit om die bewerings teen hom te hanteer en homself te verdedig. Die voormalige paaltjiewagter en kolwer word aangekla van growwe wangedrag nadat sy gewese spanmaat Paul Adams hom van rassisme beskuldig het. Die aanklagte spruit uit verlede maand se bevindings deur die ombudsman vir maatskaplike geregtigheid en nasiebou, wat beweerde diskriminasie in die verlede in die sport se beheerliggaam ondersoek. Boucher sê hy fokus nou slegs op sy pligte as afrigter.