Sielkunde student in SA kan nie registreer nie, kwalifikasie is in Afrikaans

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie, AfriForum, staan ‘n sielkundestudent met regshulp by teen die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika om te verseker sy aansoek vir registrasie word oorweeg. ‘n Woordvoerder, Alana Bailey, sê die raad weier om sy aansoek te voltooi omdat sy honneursgraad-sertifikaat in Afrikaans is. Sy sê die student, Du Toit Genis, het ‘n semi-dringende hofaansoek teen die raad ingedien nadat ‘n dringende brief van sy regsverteenwoordiger niks opgelewer het nie: