Eerste Russiese troepe keer terug basis toe…

Rusland sê sommige van sy militêre eenhede keer terug na hul basisse terug ná oefeninge naby die Oekraïne. Die aankondiging vanoggend volg ná dae van Amerikaanse en Britse waarskuwings dat Moskou sy buurland enige tyd kan binneval. Dit is nie onmiddellik duidelik hoeveel eenhede onttrek word nie. Die nuus is het ‘n versigtige reaksie in Oekraïne en Brittanje begroet, maar het ‘n skerp oplewing op finansiële markte veroorsaak. Die woordvoerder van die Kremlin, Dmitri Peskov sê die Putin-administrasie het herhaaldelik gesê dit was net oefeninge en die soldate sal terugkeer.