RISE vies oor weerhouding van kwalifikasies oor studie-skuld

RISE Mzansi se jeug- en studente-afdelings is hartseer oor universiteite wat kwalifikasies weerhou van 600 000 studente in die land weens uitstaande skuld ter waarde van meer as 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand. Hul gee wel erkenning aan die finansiële druk waaronder universiteite verkeer. Dit sluit in die stygende koste van onderwys en die behoefte aan universiteite om finansieel volhoubaar te wees. Khanyisile Xayimpi van RISE Mzansi sê egter die weerhouding van kwalifikasies weens skuld kan studente vernietig.