Voedselpryse hoër in Januarie…

Die inflasiesyfer vir Januarie is op 4,6 persent gemeet. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê vervoer en voedsel stoot die syfer op wat op 4,5 persent in Desember gemeet is. Voedsel is wel duurder en volgens die NSA, is vrugte op met 12,8 persent, olies en vette me t12,7 persent, vleis met 10,6 persent, suiwel met 4,9 persent, brode en grane met 3,8 persent en groente met 1,3 persent. Vis is 0,3 persent duurder.