Shiimi sê oor viskwota-veiling

Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi het terugvoering gegee oor die tweede veiling wat vanjaar gehou is om visvangkwotas te verkoop. Volgens Shiimi is net minder as 16 000 metrieke ton stokvis, 87 500 metrieke ton maasbanker en 392 metrieke ton monnikvis aangebied. Die veiling is gehou om fondse in te samel vir die regering en die hoogste bod is toegestaan. ‘n Totaal van 408,6 miljoen Namibiese dollar is deur die veiling verdien en die oorblywende 27 300 ton maaskbanker wat nie verkoop is nie, is onlangs deur die DRK aangekoop teen ‘n koste van 85,7 miljoen dollar. Shiimi sê die fondse sal aangewend word in veral die gesondheidsektor.