Cleo is veilig, ongedeurd gevind, na 18 dae

‘n Vermiste Australiese kleuter is ongedeerd gevind. Die vier-jarige Cleo Smith het 18 dae gelede van die gesin se kampterrein aan die Weskus verdwyn. Sy is in ‘n huis in Carnarvon in die noorde gevind. Media in Australië berig die Wes-Australiese polisie beskryf die deurbraak as een van die merkwaardigste dae in sy bestaan. Hulle sê die dogtertjie is lewendig, gesond en glimlaggend. Sy het die polisiebeamptes wat die deur laasnag afgebreek het, gegroet met die woorde “my naam is Cleo”. ‘n Ses-en-dertigjarige man is in hegtenis geneem.