Shangula kla oor vertragings met tenders, sê middelmanne is nodig

Die Namibiese gesondheidsminister wil, nes in die geval van die ministerie van verdediging, meer beheer hê oor tenders. Dr. Kalumbi Shangula sê hy soek meer beheer oor verkryging maar, sê hy kan steeds nie goedere direk verkry nie en dat die sogenaamde middelman steeds nodig is. Hy sê hy soek vrywaring in verkryging omdat die aankoop van mediese produkte en toerusting nie vertraag moet word nie en dat dit is wat gebeur wanneer die proses deur die verkrygingsraad geprosesseer word. Hy sê vyf van sy tenders is sedert 2017 by die raad en is nog nie afgehandel nie. Met die onlangse chaos met die nou bekende kondoom-tender, het die styging in kostes as gevolg van die middelman, sowel as die feit dat die goedere eenvoudig in die buiteland aangekoop word en geen voordeel vir die land in hou nie, weer na vore getree. Shangula het gereageer op ‘n mosie deur die PDM in die Nasionale Vergadering.