Mielieprys kan dalk in buurland effe daal… maar, plaaslik sal dit onveranderd bly

Agrimark Trading in die buurland het sy weeklikse mielieverslag vir die week bekend gestel met die aankondiging dat die prys van geelmielies sowat 3 750 Suid-Afrikaanse rand per ton is en dat die totale mielie-oesskatting 563 000 ton meer as in 2022 is. Ian Collard, die hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik of die buurland se mieliepryse enige impak op Namibiese pryse sal hê.