Besit ‘n Trump-kaart vir net N$1 732

Jy het al gehoor van die Amerikaanse kultuur om bofbal-kaarte bymekaar te maak. Sommige kan baie waardevol raak en dit is ‘n baie gewilde stokperdjie in daardie land. Maar, daar’s ‘n nuwe kaart op die mark… digitale kuns van Donald Trump wat hom uitbeeld as verskeie helde… Te koop vir 99 Amerikaanse dollar stuk wat sekerlik deel vorm van sy fondsinsameling vir sy verkiesingsveldtog. Trump het dit self op sy Instagram-blad bekend gestel.