Swiatek deur na halfeindronde in Madrid

Iga Swiatek het teruggeveg nadat sy die eerste stel afgestaan het om Beatriz Haddad Maia, van Brasiliё, te klop en na die halfeindronde van die Madrid Ope deur te dring. Die wêreld nommer een, wat in verlede jaar se eindstryd teen Aryna Sabalenka verloor het, het uitendelik heel maklik met 4-6, 6-0, 6-2 geseёvier. Swiatek mik na haar derde WTA 1000-titel van die seisoen, na oorwinnings in Katar en by Indian Wells. In ander nuus is Pole, met Swiatek aan die spits, geloot om in November teen Spanje te speel in die Billie Jean King-beker in Seville.