Trump beboet oor plasings, met tronk gedreig

Die voorsittende regter in New York in Donald Trump se verhoor oor swyggeld het die voormalige president beboet omdat hy ‘n muilbandbevel verontagsaam het en gewaarsku verdere oortredings kan tot tronkstraf lei. Regter Juan Merchan het die 77-jarige Trump aan minagting skuldig omdat hy ‘n bevel verontagsaam het om nie getuies, lede van die jurie of hofpersoneel en hul familielede in die openbaar aanval nie. Merchan het Trump met 1 000 Amerikaanse dollar beboet vir elk van die nege spesifieke oortredings van die bevel en hom opdrag gegee om aanstootlike plasings op sosiale media te verwyder. Hy het gewaarsku dat Trump tronk toe kan gaan sou hy sy gedrag voort sit.