Ses nuwe Covid-gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het ses nuwe Covid-gevalle uit 1 335 gevalle aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,4 persent verteenwoordig. In die groep is twee leerders en gesondheidswerkers elk. Daar is nou 76 aktiewe gevalle, waarvan nege pasiënte in hospitale is en een in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 296 124 persone is ten volle ingeënt.