Bus slaan aan die brand in Bulgarye, byna 50 dood

Byna 50 mense, waaronder minstens 12 kinders, is dood toe ‘n bus vanoggend in Bulgarye aan die brand geslaan het. Die voorval het in ‘n dorp wes van die hoofstad, Sofia, plaasgevind. Sewe mense het die tragedie oorleef toe hulle uit die brandende bus gespring het. Owerhede kon nog nie vasstel of die bus eers gebrand en toe gebots het, of ná die botsing in vlamme uitgebars het nie. Volgens internasionale media was die meeste slagoffers van Masedonië en op pad terug huis toe van Turkye af.