Ses mense sterf in Al-Shabaab-aanval in Kenia

Ses mense is dood en huise aan die brand gesteek in ‘n aanval vroeër vandag deur vermoedelik Al-Shabaab-militante in Kenia se Lamu-kusgebied wat grens aan Somalië. Internasionale nuusagentskappe berig Al-Shabaab-vegters het verskeie grootskaalse aanvalle in Kenia geloods in reaksie op Nairobi se besluit om in 2011 soldate na Somalië te stuur as deel van die Afrika-unie se stryd teen djihadiste. Die Al-Kaida-verwante groep wil die internasionaal gesteunde regering in Mogadishu omver werp en beheer dele van Suid-Somalië, vanwaar die groep gereeld die hoofstad en ander gebiede aanval.