Sergio Perez verleng sy kontrak met Red Bull

Motorsport: Sergio Perez het sy kontrak met Red Bull met twee jaar verleng en sal tot in 2024 deel van die span bly. Dit volg nadat hy Sondag sy eerste oorwinning by die Monaco Grand Prix ingepalm het. Die Mexikaan het die vorige seisoen by Red Bull aangesluit en een oorwinning in Azerbeidjan, asook vier ander podiumverskynings gemaak om die vierde plek in die bestuurderskampioenskap te haal. Die spanbaas Christian Horner sê dis vanselfsprekend om Perez in die span te hou. Red Bull is ná sewe wedrenne tans boaan die vervaardigerspunteleer.