ActionSA sê parlement beskerm Malema

ActionSA sê hy is teleurgesteld met die parlement se weiering om die party toegang te gee tot die argumente deur die leier van die EFF Julius Malema, of die verslag oor die besluit om hom vry te spreek weens sy opmerkings oor onwettige immigrasie. Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, is ontevrede omdat Malema sy amps-eed verbreek het. Die woordvoerder van die party, Lerato Ngobeni, sê dis verstommend dat die parlement en sy komitees gebruik word om Malema te beskerm teen die gevolge van openlike wetsoortreding.