Sentrale gebied onttrek 500 000 kubieke meter uit damme in 7 dae

Daar is net meer as 1,1 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam in die afgelope sewe dae onttrek. Volgens die jongste dambulletin van NamWater, is Hardap tans 63,6 persent vol met Naute by Keetmanshoop wat op 93,1 persent staan. Die laaste lesing van Neckartaldam was op 18 Julie met 97,7 persent wat aangeteken is. By Rehoboth is Oanob 76,5 persent vol. In die sentrale gebied, is daar net meer as ‘n half miljoen kubieke meter water uit die drie damme in sewe dae onttrek. Swakoppoort, wat se stelsel herstel is en water weer na Von Bach oorgepomp kan word, is 86,7 persent vol met Von Bach op net meer as 50 persent. Omatako het tans 8 persent van kapasiteit. In die Ooste is bronne op 20,7 persent met Otjiverodam op 32,9 persent van kapasiteit.