Hoe lyk dit met tamatiesous-roomys?

Al ooit gewonder hoe smaak gebakte boontjieroomys? Of dalk tamatiesous, mayonnaise, of self die bekende HP Sauce? Wel, in Londen, tydens die stad se warmste somer op rekord, sorg die Ice Cream Project-winkel vir die geure roomys. Die winkel, wat net tydelik opgerig is vir die warm somermaande, benut die bekende Heinz-handelsmerk se souse en geure en volgens berigte, is ses weke se roomysvoorraad in vier dae uitverkoop.