Schlettwein gesels oor vordering met Neckartal-besproeiingsprojek

Dit wil voorkom asof die ontwikkelingsprojekte rondom die Neckartaldam binnekort sal begin na die landbouminister Calle Schlettwein se aankondiging dat daar reeds 11 000 hektaar grond bekom is. Die projek het onder kritiek deurgeloop omdat die reuse-dam, wat 857 miljoen kubieke meter water kan vat, drie keer meer as Hardap, kort na sy voltooiing in 2019 vol geloop het sonder dat die besproeiingsaanleg voorberei is. Die damwal het reeds turbines om krag te genereer en die pompstasie is ook voltooi. Schlettwein het meer inligting in die verband so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Hy verduidelik wat die pad vorentoe is.