Trustco verloor bod teen JSE-opdrag

Trustco Group Holdings het ‘n terugslag gely in sy hersieningsaansoek oor die Johannesburgse Aandelebeurs se besluit rondom sy finansiële state. Die maatskappy se aansoek om verlof tot appèl na die hoogste hof van appèl in die buurland is deur regter Sulet Potterill met koste van die hand gewys. Die beurs het Trustco voorheen beveel om sy finansiële inligting vir die jaar geëindig 31 Maart 2019 en tussentydse resultate vir die ses maande tot 30 September 2019 te hersien en weer op te stel weens nie-nakoming van sy noteringsvereistes. Die beurs het foute gevind wat Trustco se wins met ‘n gesamentlike 2,1 miljard Namibiese dollar opgestoot het, wat die maatskappy betwis het.