Sbu sê hy kan ‘n groot verskil maak by Bulle

ie Springbok-vleuel Sbu Nkosi sê hy is vol vertroue dat hy weer sy spelpeil van 2018 sal bereik toe hy by die nasionale groep ingesluit is en die eerste keer in ‘n toets uitgedraf het. Die 26-jarige speler, wat met talle beserings gesukkel het, het die Haaie verlaat en by die Bulle aangesluit. Nkosi herstel tans van ‘n enkelbesering wat sy seisoen vroeg beëindig het. Hy sê dis opwindend om weer by die Bulle se afrigter, Jake White, aan te sluit en dis presies die verandering wat hy nou nodig het.