Sassa se goue kaarte steeds in werking

Die nuus oor Sassa se goue kaart wat gestaak is, verval het of uit sirkulasie is, is as fopnuus bevestig. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid raai sy begunstigdes aan om die gerugte op sosiale media te ignoreer. Die woordvoerder, Senzeni Ngubeni, verduidelik die goue kaarte werk soos enige ander kommersiële kaart, goedgekeur deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Begunstigdes kan steeds hul Sassa goue kaarte by kitsbanke of ‘n supermark van hul keuse gebruik.