Tieners kan nou registreer vir ISAP se Junior Veldwagter-kamp

Die stigter van ISAP, Fritz Kaufmann, sê dit is weer tyd vir tieners om te registreer vir die derde Junior Veldwagter-opleidingskamp. Jy kan nou jou kind inskryf vir ‘n lewensveranderende ervaring vir een week. Met professionele instrukteurs vir 24 uur byderhand, sal jou kind in sewe dae in die veld meer oor die omgewing leer as waarop hy of sy ooit kon hoop. Die kamp vind plaas vanaf 24 September tot 1 Oktober en alle tieners tussen 13 en 18 jaar oud is welkom, sê Kaufmann aan Kosmos 94.1 Nuus.