Sapu sê Selebi het polisie-eenheid vir onwettige myne ontbind

Die Suid-Afrikaanse Polisie-vakbond, Sapu, het die vestiging van ‘n nuwe eenheid veroordeel wat aandag gaan gee aan onwettige mynbedrywighede aan die Gautengse Wes-Rand. Die vakbond sê ‘n nuwe eenheid is nie nodig nie, aangesien die polisiediens ‘n bestaande eenheid gehad het, wat bekend gestaan het as die Diamant-, Goud- en Edelgesteentes-eenheid. ‘n Woordvoerder van Sapu, Lesiba Thobakgale, sê die gewese polisie-kommissaris, wyle Jackie Selebi, het die eenheid ontbind. Thobakgale sê dit was die grootste fout wat polisiebestuur nog ooit gemaak het: