Mej. Heelal: Herrie is los oor ma’s, getroude vroue

‘n Storm het losgebars oor die Mej. Heelal-kompetisie wat aangekondig het dat getroude vroue en ma’s nou toegelaat sal word om aan die skoonheidskompetisie deel te neem. Vanaf die 72ste Mej. Heelal-kompetisie sal vroue wat getroud is of was, sowel as vroue wat swanger is of kinders het, kan meeding. Die ouderdomsvereiste vir die kompetisie bly steeds tussen 18 en 27. Heelwat mense het hul kommer uitgespreek of hoe ‘n deelnemer ‘n voltydse ma en skoonheidskoningin sal kan wees. Die verandering maak die deur oop vir elke land se plaaslike kompetisie, soos Mej. Namibië, om ook hul reëls aan te pas om getroude of geskeide vroue en ma’s toe te laat.