Ndeitunga is boos oor diefstal van water-infrastruktuur

Vandalisme en diefstal van water-toerusting soos watertenks en sonpanele vier hoogty in die Ohangwena-streek wat erge onderbrekings veroorsaak. Die goewerneur, Sebastian Ndeitunga, het sy teleurstelling uitgespreek oor die onverantwoordelike dade deur misdadigers maar het ook ‘n vinger na die gemeenskap gewys, aangesien hulle ook te blameer is dat hulle nie waaksaam is nie en soms die kriminele elemente binne hul gemeenskappe huisves.