Sandra Prinsloo by Fleur du Cap-teatertoekennings vereer

Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings het by die Nederburg-wynplaas uitnemendheid in die teater vereer. Die aktrise Sandra Prinsloo het ‘n lewenslange prestasie-toekenning ontvang. Sy het ook weggestap met die 2022-toekenning vir die beste kunstenaar in ‘n eenpersoon-vertoning, as Elsa Joubert in Spertyd. Anna-Mart van der Merwe het vir haar optrede in Valsrivier die toekenning ontvang vir die beste optrede in ‘n vroulike hoofrol. Die televisie- en verhoogakteur Desmond Dube het vir sy rol in Master Harold and the Boys die toekenning gewen vir beste optrede in ‘n manlike hoofrol.