Wêreldboere-organisasie: Boere verloor miljoene weens kwessies by Kaapstad-hawe

Die Wêreldboere-organisasie sê boere verloor miljoene aan inkomste weens elektrisiteitskwessies by die Kaapstadse hawe. Die organisasie se woordvoerder, Theo de Jager, sê Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese boere het meer as 60 houers vol voorraad by die hawe verloor. De Jager is bevrees dat sowat een-miljard-rand se vrugte nie uitgevoer sal word na die noordelike halfrond nie.