Sakeliga vra ondersoek na wie kry nog vrystelling

Die Suid-Afrikaanse sakegroep, Sakeliga, vra ʼn ondersoek om te bepaal of ander staatsinstellings ook vrygestel word van finansiële verslagdoening. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie sy besluit teruggetrek het om Eskom vry te stel van die bekendmaking van verkwistende en onreëlmatige uitgawes in sy finansiële state. Sakeliga het vroeër gedreig met regstappe teen sulke optrede omdat hy glo dit oortree die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. ʼn Woordvoerder, Tian Alberts, sê die groep gaan vasstel watter ander vrystellings het dieselfde uitwerking gehad en sal regstappe oorweeg indien nodig.