Israel loods aanvalle in die Suide van Libanon

Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het belowe sy land se vyande “duur sal betaal” na aanleiding van ‘n stortvloed vuurpyle uit Libanon wat op Palestynse groepe geblameer is. Volgens ‘n kort videoverklaring wat deur sy kantoor vrygestel is, het Netanyahu tydens ‘n kabinetsvergadering gewaarsku dat hulle vyande en die prys sal betaal vir enige daad van aggressie. Talle vuurpyle is afgevuur op wat Israel beskyf as Hamas-teikens in die Suide van Libanon, sowel as in Gaza.