Erfenisraad oorweeg nog volksmoord gedenksteen by Shark-eiland

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië sê hy het meer tyd nodig om ‘n aansoek deur die Nama Tradisionele Leiers-vereniging om ‘n volksmoord gedenksteen by Shark-eiland by Lüderitz op te rig, te oorweeg. Duisende Ovaherero en Nama is by Shark-eiland as gevangenes aangehou tydens die 1904 tot 1908 volksmoord maar, daar is geen herinnering daaraan nie. Meer as 1 500 Nama is daar dood. Namibia Wildlife Resorts bedryf ‘n kampeerplek op die perseel. Die erfenisraad sê hy moet eers openbare konsultasies in die verband hou maar, voeg by, hy waardeer die vereniging se pogings. Die raad het wel aan die vereniging toestemming gegee om ‘n herdenking op 22 April, die datum wat generaal Lotha von Trotha die Namas gewaarsku het om oor te gee of soos die Ovaherero te sterf, by die perseel te hou.