Saftu reël groot staking vir Augustus

Die Suid-Afrikaanse vakbond-federasie Saftu sê hy het begin om alle geaffilieerde vakbonde, en ook dié buite die federasie, te betrek om te verenig teen die regering se versuim om die armes te beskerm. Die sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê hulle wil hê Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, en sy hele raad moet verwyder word, weens die voortslepende kragonderbrekings. Hy sê Saftu beplan dat honderde-duisende werkers op 24 Augustus sal staak op ‘n dag van nasionale versetoptrede: