Ben Wallace die gunsteling vir eerste minister

Die Britse minister van Vervoer, Grant Shapps, en voormalige minister van Gesondheid, Sajid Javid, oorweeg dit glo ernstig om hulself as Tory-leier beskikbaar te stel. Dit volg ná die bedanking van die eerste minister Boris Johnson. ‘n Nuwe opname deur YouGov, het bevind die minister van Verdediging, Ben Wallace, is die gunsteling om die volgende eerste minister te word met 13 persent steun, met die minister van Internasionale Handel, Penny Mordaunt, kort op sy hakke met 12 persent. Meer as 700 lede van die Konserwatiewe Party is vir die opname ondervra.